Stofpaaie en vrotpaaie is kos vir
die siel, al sorg dit soms vir ‘n knoop in die derm! Dis die ervaringe waarvan stories en
herinneringe (memories) gemaak word.
2017. Ons reis vanaf Pretoria met ‘n wye draai na
die skone Kaap en terug – hierdie keer deur die Sederberge; die berge wat hulle
naam te danke het aan die Clanwilliam Sederboom, wat endemies van daardie
omgewing en baie raar is.
Die Stadsaalgrotte is ‘n besonderse plek om te wees – ‘n groep grotte wat deur gange aan mekaar verbind is, gange wat deur jare se wind en ander erosie uitgekerf is. Buitekant flymskerp rotse, afgeëts teen die helder son en binnekant, glad.
Anders as die Boesmantekeninge wat verwag kan word, pryk daar name van mense teen die wande van die grotte, so ver terug as die 1800’s. Nogal prominente name ook. Ek wonder baie oor die gesegde van “gekke en dwase skryf hulle name op mure en glase (of so iets).”
Die grotte opsigself is ‘n
fotograaf se droom. Buitengewone vorms, kleure en lig sal jou kreatiewe self besig
hou, veral om die grotte se oranje en bruin skakerings (die werk van yster oksied)
in beeld vas te vang.
Interresant van die Sederberge is
dat dit ook plek het in die Anglo Boereoorlog, toe ‘n klein Boere Kommando daar
probeer het om opstand teen die Britse regering te bewerkstellig. Hulle het gefaal. Daar is egter ‘n staaltjie van ‘n Engelsman, Luitenant
Clowes, wat saam met sy patrollie deur die Kommando in ‘n lokval gelei is en
almal het geval. Daar word verder vertel
dat die Kommando deur ‘n enkele Engelsman
gekonfronteer is en geeis het dat hulle oorgee. Die Boere wou nie oorgee nie en die Engelsman
wou nie bes gee nie – wat tot sy dood gelei het. Presies hoe al hierdie drade inmekaarsteek is
ek nie seker nie, maar waar die Engelsman geval het, word vandag Engelsmankloof
genoem.
Die Sederberge is ryk aan geskiedenis en foto oomblikke – gaan kyk self.
Kom ry saam.
No comments:
Post a Comment