Wednesday, September 12, 2018

Die land van Pizza (#4)

Ons is vroeg op  - doodste stilte in die dorp (Grossdorp). Ons pak en eet ontbyt. Gou maak is die plan sodat ons teen die berg kan op - net gou want ons moet deurdruk na Lake Garda waar ons in die dorpie Dro (Agritorismo Vin e Amor) gaan bly.

Ek raak nie maklik bang nie, maar ek het vir Paul 'n paar keer beduie om sy oë op die pad te hou en te fokus. Geen beskrywende naamwoord kan die natuurskoon beskryf nie. Die uitkyk op Grosslochner is besonders in uitsig asook temperatuur - dis koud met ander woorde. Ons vat 'n vinnige koffie en onnodig om te sê, niks kom van gou nie. 


Ons kom eers 10h00 daar weg - en toe hak ons by die kerk in Grossdorf vas. Die kerk is besonders mooi met 'n ewe versorgde kerkhof. Weereens is daar 'n spesifieke plek waar hulle afgestorwenes vereer.

Ons pak die Saller Sattel pas aan tussen Oostenryk en Italie aan - kronkel op kronkel op kronkel. Bo-op die pas is kobaldblou mere en baie motorfietse wat dieselfde plan as ons het. Die afgaan was uitdagend op 'n enkellaan pad, wat oorgaan op 'n gaargeryde teerpad - ek het my amper verbeel ons is in Mpumalanga.



 
Italie is nie so goed versorg nie, maar het sy eie bekoring, en baie kastele. Gatte plat gery kom ons in Dro aan, Cynthia ontvang ons met passie, ons pak af en ry dadelik om te gaan kyk hoe lyk die meer.

Ons drink 'n bier by die Hotel Paradiso in Tremosine. Die hotel het 'n uitkyk wat die "griesel terras" genoem word. Griesel  (soos in terrifying) omdat dit oor 'n afgrond hang en jy 'n angsaanval kry as jy daar oorkyk. Maar wat 'n uitsig, net jammer die weer was baie deinserig.

  

 Ons stap in 'n klein dorpie rond en ontdek klein gangetjies en blyplekke wat net mooi beskryf kan woord met fotos.
 More gaan ons Monte Baldo en Malcesine toe, maar nou eers rus.

In Heidi se Land (#3)

Maak nie saak hoeveel keer jy Heidi kyk nie, niks kan jou voorberei vir die dramatiese veranderinge in lanskap nie. Deur Duitsland na Oostenryk woerts ons deur die berge en uitstaande landskappe. 
  
Een ding wat my opval is hoe goed die omgewing onderhou word, dit lyk opsluit of daar groen tapyte uitgerol is. 

By die Felbertauentunnel in Oostenryk ontmoed ons vir Alex van Italie, wat met sy GS1150 die passe aanpak. Die arme man het heel verskrik gelyk toe ek op hom afstorm met my kamera in die hand en hom verduidelik ek kom van ZA af - ek vermoed hy het gedink die boere is oppad.  Hy stuur groete.


Daarvandaan na Grosslochner, teen die berg berg op met baie dun paadjies. Orals is daar klein kerkies en ook "shrines" waar geliefdes onthou word. Daar is 'n asemrowende waterval en ons moet stop om te bekyk.
 


Ons kom by ons slaapplek in Grossdorp het nie ons bespreking bevestig nie en ons word verwys na Ursala se B&B. Ons bou 'n heerlike ete en slaap 'n hond uit 'n bos uit.
More beur ons verder teen die berg uit om die berg (Grosslochner) te gaan bekyk.

Monday, September 10, 2018

Familie, Vriende en Rottenburg (#2)

Genade, wat 'n tempo, want ons mos slim, wil mos soveel moontlik doen een die paar dae wat ons hier is - want die Euro is mos duur. Kry nog steeds sooibrand as ek dink aan die omskakel van rand na Euro.
Air Namibia, uitstekend. Was 'n vlug duisend en ons was bedien in suiwer Afrikaans - Abraham Swartbooi het sommer reg geklink.

Land op Frankfurt en die mense is suur. Ons maak dit darem deur die doane, maar die mater agter die toonbank loer my skeef uit, ek glimlag op my beste en doen my bes om onskuldig te lyk.
Kry koffie om die tyd om te wag vir die volgende vlug met die KLM City Hopper na Schipol. Weer deur die hekke, die hoof indoena wat kyk dat ek nie onwettighede deursmokkel nie is sommer ongeskik - kla steen en been omdat ons nie al die "fluids" "geseparate" het nie. My 200ml room wat ek as geskenk gekry het verander van eienaar - ek vermoed iewers is 'n veiligheidsbeampte met baie sagte hande.
Word gul ontvang deur broeder Paul en homse gade - Karin, ons gaan slaap en bestyg die Rooi Land Rover en woerts na Hagen in Duitsland. Belinda se neef (René) bly daar - ons kuier 'n hond uit 'n bos uit, en toe moet is 1.3km opdraende terugstap na die hotel.
 
Ons slaap snoesig in die Campus Hotel en eet ontbyt by die Brot Cafe, en vat die pad na Rottenburg. Dit lyk of ons deur die Laeveld ry met plantasies orals. Orals is dorpies langs die pad en baie grafiti op elke denkbare muur. Die vragmotors ry in die regterbaan, net soos by ons.  En die vinnige karre kom links verby, net soos by ons.

Vanaand slaap ons in Rottenburg, nadat ons die ou stad bekyk het. Hobbelsteen paadjies, kleurvolle geboue, klein kafeetjies en duur winkeltjies. Baie toeriste, sommiges met moerse kameras. Beleef 'n oomblik van stilte in 'n ou kerk, die rumoer van buite verstil 'n oomblik. Belinda steek 'n kers aan. Die houtbanke staan in rye, asof hulle wag dat die gemeente moet inkom en sit. Jy ruik die hout. Ongelooflik.

 


Ons eet 'n varkies en drink 'n bier, bespreek more se pad en besluit dis tyd om te gaan slaap.
More rol die wiele om in Kals am Grosslockner, die hoogste piek van die Alpe in Oostenryk.
MooiLoop.




Thursday, September 6, 2018

D day minus 1 (#1)

For those who served in the military or who love the military, D day minus 1 will make a lot of sense.
Tomorrow is D day - the day that we depart to visit and travel with family; a trip planned and saved for, for more than a year.


Everything is sorted - cameras around the house, additional security gate in the inside to protect those not being so lucky to travel with us.
Passport, visa, Euro's (this word give me a pain in the heart with the current transfer rate), camera, oh yes, clothes and other stuff as well.
Tonight I need to pack it all .....
Tomorrow, off to Europe we go.
I'll keep you posted.
Oh yes, the dogs know something is cooking, and they are not happy.

Monday, September 3, 2018

The privilege of travel

A wise man once said -
He who does not read, only live one life
He who reads - lives many

I read and travel - what a blessing
The stories I can tell - and now will tell
It all starts on Friday, 07/09/2018

Travel will me!