Wednesday, September 12, 2018

In Heidi se Land (#3)

Maak nie saak hoeveel keer jy Heidi kyk nie, niks kan jou voorberei vir die dramatiese veranderinge in lanskap nie. Deur Duitsland na Oostenryk woerts ons deur die berge en uitstaande landskappe. 
  
Een ding wat my opval is hoe goed die omgewing onderhou word, dit lyk opsluit of daar groen tapyte uitgerol is. 

By die Felbertauentunnel in Oostenryk ontmoed ons vir Alex van Italie, wat met sy GS1150 die passe aanpak. Die arme man het heel verskrik gelyk toe ek op hom afstorm met my kamera in die hand en hom verduidelik ek kom van ZA af - ek vermoed hy het gedink die boere is oppad.  Hy stuur groete.


Daarvandaan na Grosslochner, teen die berg berg op met baie dun paadjies. Orals is daar klein kerkies en ook "shrines" waar geliefdes onthou word. Daar is 'n asemrowende waterval en ons moet stop om te bekyk.
 


Ons kom by ons slaapplek in Grossdorp het nie ons bespreking bevestig nie en ons word verwys na Ursala se B&B. Ons bou 'n heerlike ete en slaap 'n hond uit 'n bos uit.
More beur ons verder teen die berg uit om die berg (Grosslochner) te gaan bekyk.

No comments:

Post a Comment