Monday, September 10, 2018

Familie, Vriende en Rottenburg (#2)

Genade, wat 'n tempo, want ons mos slim, wil mos soveel moontlik doen een die paar dae wat ons hier is - want die Euro is mos duur. Kry nog steeds sooibrand as ek dink aan die omskakel van rand na Euro.
Air Namibia, uitstekend. Was 'n vlug duisend en ons was bedien in suiwer Afrikaans - Abraham Swartbooi het sommer reg geklink.

Land op Frankfurt en die mense is suur. Ons maak dit darem deur die doane, maar die mater agter die toonbank loer my skeef uit, ek glimlag op my beste en doen my bes om onskuldig te lyk.
Kry koffie om die tyd om te wag vir die volgende vlug met die KLM City Hopper na Schipol. Weer deur die hekke, die hoof indoena wat kyk dat ek nie onwettighede deursmokkel nie is sommer ongeskik - kla steen en been omdat ons nie al die "fluids" "geseparate" het nie. My 200ml room wat ek as geskenk gekry het verander van eienaar - ek vermoed iewers is 'n veiligheidsbeampte met baie sagte hande.
Word gul ontvang deur broeder Paul en homse gade - Karin, ons gaan slaap en bestyg die Rooi Land Rover en woerts na Hagen in Duitsland. Belinda se neef (René) bly daar - ons kuier 'n hond uit 'n bos uit, en toe moet is 1.3km opdraende terugstap na die hotel.
 
Ons slaap snoesig in die Campus Hotel en eet ontbyt by die Brot Cafe, en vat die pad na Rottenburg. Dit lyk of ons deur die Laeveld ry met plantasies orals. Orals is dorpies langs die pad en baie grafiti op elke denkbare muur. Die vragmotors ry in die regterbaan, net soos by ons.  En die vinnige karre kom links verby, net soos by ons.

Vanaand slaap ons in Rottenburg, nadat ons die ou stad bekyk het. Hobbelsteen paadjies, kleurvolle geboue, klein kafeetjies en duur winkeltjies. Baie toeriste, sommiges met moerse kameras. Beleef 'n oomblik van stilte in 'n ou kerk, die rumoer van buite verstil 'n oomblik. Belinda steek 'n kers aan. Die houtbanke staan in rye, asof hulle wag dat die gemeente moet inkom en sit. Jy ruik die hout. Ongelooflik.

 


Ons eet 'n varkies en drink 'n bier, bespreek more se pad en besluit dis tyd om te gaan slaap.
More rol die wiele om in Kals am Grosslockner, die hoogste piek van die Alpe in Oostenryk.
MooiLoop.




1 comment: