Ons is vroeg op - doodste stilte in die dorp (Grossdorp). Ons pak en eet ontbyt. Gou maak is die plan sodat ons teen die berg kan op - net gou want ons moet deurdruk na Lake Garda waar ons in die dorpie Dro (Agritorismo Vin e Amor) gaan bly.
Ek raak nie maklik bang nie, maar ek het vir Paul 'n paar keer beduie om sy oë op die pad te hou en te fokus. Geen beskrywende naamwoord kan die natuurskoon beskryf nie. Die uitkyk op Grosslochner is besonders in uitsig asook temperatuur - dis koud met ander woorde. Ons vat 'n vinnige koffie en onnodig om te sê, niks kom van gou nie.
Ons kom eers 10h00 daar weg - en toe hak ons by die kerk in Grossdorf vas. Die kerk is besonders mooi met 'n ewe versorgde kerkhof. Weereens is daar 'n spesifieke plek waar hulle afgestorwenes vereer.
Ons pak die Saller Sattel pas aan tussen Oostenryk en Italie aan - kronkel op kronkel op kronkel. Bo-op die pas is kobaldblou mere en baie motorfietse wat dieselfde plan as ons het. Die afgaan was uitdagend op 'n enkellaan pad, wat oorgaan op 'n gaargeryde teerpad - ek het my amper verbeel ons is in Mpumalanga.
Italie is nie so goed versorg nie, maar het sy eie bekoring, en baie kastele. Gatte plat gery kom ons in Dro aan, Cynthia ontvang ons met passie, ons pak af en ry dadelik om te gaan kyk hoe lyk die meer.
Ons drink 'n bier by die Hotel Paradiso in Tremosine. Die hotel het 'n uitkyk wat die "griesel terras" genoem word. Griesel (soos in terrifying) omdat dit oor 'n afgrond hang en jy 'n angsaanval kry as jy daar oorkyk. Maar wat 'n uitsig, net jammer die weer was baie deinserig.
Stunning plekke, met stunning stories. Ou stories. Geniet dit, en reis veilig.
ReplyDelete